Hand. 2:1 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar.
Hand En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Hand 2:16 Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is:
Hand 2:17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees,
Ons lees dat ‘n Ou Testamentiese profeet praat van iets wat vervul word op Jesus se tyd en dat hy praat van ‘die laaste dae.’
‘Laaste dae’ meen dat voor Jesus se koms was dit die eerste dae van die mens.
Die term‘Eerste dae’ verwys na – die manier om by God uit te kom in die eerste tydvlak voor Christus- deur die verbond, besnydenis, wette en offers.
‘Laaste dae’ praat van die tydperk van die Koninkryk van God, of tydvlak waarin die mens leef wat op geloof die koninkryk kan ingaan. Met ander woorde ‘Laaste dae’ beteken nie ‘n einde van iets nie, maar ‘n laaste tydvlak.
No comments:
Post a Comment