Monday, 7 May 2012

Safanja moet namens die Here praat dat sy oordeel kom. Vuur gaan die mensdom heilig. Praat van die Kruis. Moenie wag vir vuur om die aarde te vernietig nie. Zeph 1:1 Die woord van die HERE wat gekom het tot Sefánja ,Zeph 1:4 En Ek sal my hand uitstrek teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem Zeph 1:6 Ook die wat van die HERE afvallig word en wat die HERE nie soek en Hom nie raadpleeg nie. Zeph 1:7 Swyg voor die Here HERE! Want die dag van die HERE is naby; want die HERE het 'n offer berei, sy gaste geheilig. [ Christ is die OFFER] Zeph 1:8 En op die dag van die offer van die HERE sal Ek besoeking doen oor die vorste en die prinse en oor almal wat uitlandse klere dra. [ vorste- almal en alles wat vyande is van die volk van die Here] Zeph 1:14 Naby is die groot dag van die HERE, naby en baie haastig. Zeph 1:18 Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die HERE te red nie, maar deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde verteer word; want Hy bring vernietiging, ja, 'n verskriklike, oor die inwoners van die aarde. [ Vernietiging- alles waaraan die mens vashou vir sekeriteit] Zeph 2:1 Kom tot julleself, ja, kom tot inkeer, o nasie wat nie skaam word nie! Zeph 2:11 Vreeslik sal die HERE teen hulle wees, want Hy laat al die gode van die aarde wegkwyn; sodat hulle Hom kan aanbid elkeen uit sy woonplek, al die kuslande van die nasies. Zeph 3:8 Daarom, verwag My, spreek die HERE, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word! [ Die Judgement stoel is die Kruis] Zeph 3:9 Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die HERE sal aanroep en Hom met 'n eenparige skouer sal dien. [ Alle nasies, is nou sy kerk en heilig na die DAG]

No comments:

Post a Comment