Saturday, 29 October 2011

Liewe mense,

As ons nie Christus se woord kan aanvaar nie, wat kan ons dan as die waarheid aanvaar?

Luk 18:31  En Hy het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete geskrywe is, sal aan die Seun van die mens vervul word.

As ek die woord alles reg verstaan beteken dit “alles”. Die profete in die Ou Testament het n brief geskryf aan die mens om te sê: ‘die Koning van die mensdom gaan kom kuier.’
Nie -hy gaan kom kuier, en praat van ‘n tweede keer nie.

Mat 11:13  Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer.

‘Al die profete’  wys dat almal van hulle geroep is om iets aan te kondig en ‘n mens kondig nie iemand se tweede koms nou aan nie. Johannes was die persoon voor christus om te sê –“almal praat van my tyd”. Hy was die uitroeper om te sê: “ daar is die Persoon waarvan al die profete praat.”

As jy enige Ou Testamentiese skrif na die koms van christus 2000 jaar terug neem dan is jou tye verkeerd en daarmee jou interpretasie van die Woord verkeerd.

Dan 7:13  Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van 'n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.
Dan 7:14  En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is 'n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.

Ek het jare lank gedink dat dié skrif praat van ‘n ander koms van die Seun van die mens want hy was gebore op aarde en het met geen letterlike wolke gekom nie. Waar die wolke van die hemel beeldspraak is van iemand wat gestuur word van n hoër dimensie as aards of natuurlike afkoms.
Dus moet ons nie wag vir sy konikryk nie, maar dit het 2000 jaar terug al aangebreek vir ons. Geniet dit!

No comments:

Post a Comment