Monday, 7 November 2011

n Blymoedige gewer

Sessie 5 Gee in geregtigheid

Iemand wat weens dankbaarheid gee

Psa 50:23 Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.

• Die blymoedige gewer het Hy lief.
Die verwys na die hart en nie so erg na die gawe nie. Jou hart, denke en motiewe is belangrik vir Hom. As jy gee dan moet geregtigheid gevind word in dit. Om jou regte op te gee as mens – eer Hy. Om geregtig te gee moet jy in liefde gee. Die Here aanvaar net gee wat in liefde is.

Gee het te doen met eer betoning.
Jou vlees sal altyd self wil hê. Jy sal nooit uit jouself wil weg gee nie. Jy kan net werklik gee uit jou gees uit.As jy gee dan is dit die goedheid van God in jou. Jy kan uit die vlees gee, maar jy kan so gee dat dit jou glad nie beinvloed nie en die offer word nie geeer nie.Jy kan nie uit law gee en regtig eer toon nie want jou offer sal altyd betwyfel word of dit uit die hart is. Die Here het ‘n saak met dit.. Hy wil jou vleeslike begeertes wat teen Hom staan uit sorteer. As jou gawe jou beste is – dan aanvaar Hy dit. Lam en siek offers het Hy verwerp.Sy karakter het nooit verander.

1Ti 1:17 Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.

2Co 9:7 Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.

Mal 1:6 'n Seun eer die vader, en 'n kneg sy heer. As Ek dan 'n Vader is, waar is my eer? En as Ek 'n Heer is, waar is die vrees vir My? sê die HERE van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons u Naam verag?

Mar 7:6 En Hy antwoord en sê vir hulle: Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.

Joh 5:40 En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.
Joh 5:41 Eer neem Ek van die mense nie aan nie.

No comments:

Post a Comment